maandag 11 mei 2015

Ons vir jou, Suid-Afrika (afsluit)

Waarom Afrikaans moet bly bestaan
Ek is jammer ek moet hierdie een keer aansluit by die mening van die meerderheid: die Apartheid het nie goed gewees nie. "Apart" was nie "gelyk" nie. Die wreedhede wat hier en daar begaan is onder die Apartheid het egter nie slegs die Afrikaners nie, maar ook die Afrikaanse taal in ‘n slegte lig gestel en behalwe die promosie van nege inheemse tale tot amptelike taal naas Afrikaans en Engels, het die nuwe regering steeds meer Engels bevorder, die taal van die binnedringer. Die "regstellende aksie" gaan nie slegs die regte van ‘swartmense’ en ‘witmense’ aan nie, maar ewe die taal: minister Nzimande wil die laaste universiteit waar nog alleen in Afrikaans lesgegee word, die Akademia, dwing Engels in te voer. Dis ‘n sleg aksie van ‘n sleg regering, die korrup regering van Jacob Zuma, wat luidens Engelse blankes net so goed as na andere, besig is Suid-Afrika na die vernietiging te help.
Afrikaans is ‘n unieke taal. Dis nie net die taal van die ‘onderdrukkers’ nie; dis selfs nie slegs 'n mooi vereenvoudig vorm van Nederlands en die taal deur wat diername soos "wildebeest", "aardvark" en "meerkat" in die wêreld gekom het, dis die taal van Suid-Afrika. Daar is meer mense met ‘n donkere vel wat Afrikaans praat as witmense.
Met reg verwys professor Danie Goosen en andere na die ‘totalitêre’ kommunistiese mentaliteit van Nzimande, om ‘n eenvormigheid af te dwing op goeie universiteite wat nie eers staatssubsidie kry nie. Suid-Afrika moet oppas nie die kant van Zimbabwe uit te gaan nie. Suid-Afrika is een reënboognasie met baie verskillende kulture, kleure en tale wat werd is in stand gehou te word.
“En veg ons nie, sal ons verdwyn,” sing Bok van Blerk oor die Vrijheidsoorlog. Ook vandag moet die Afrikaners wat standhou in plaas van weg te trek uit Suid-Afrika – wat baie doen – veg vir hul kultuur. Alleen moet hulle leer nie te veg teen die ‘swartmense’ nie, maar teen die Engelse taal en kultuur. Want nie Afrikaans nie, maar Engels is die regte taal van die onderdrukkers. Dis die Engelse wat op baie plekke in die wêreld die inheemse bevolking onderdruk, verjaag en vermoord het en hul eie kultuur en taal opgelê het. Dalene Matthee beskryf in haar boek Kringe in 'n bos hoe die Engelse dorpmense van Knysna met minagting neergekyk het op die houtkappers en hul ‘Kitchen Dutch’. Dis wat baie van hul al die eeue gedoen het en dis wat vandag weer gebeur. Maar sonder rede, want die Afrikaner het ‘n stem. Hebu! En uit die blou van die Suid-Afrikaanse hemel, uit die diepte van haar see, oor haar ver-verlate vlaktes klink die roep om saam te kom, en verenig te staan – watter kleur jou vel het maak nie saak nie.
Dis niks om trots op te wees om Engels te praat nie, want in die hele wêreld is al baie mense wat Engels praat. In Namibië praat wel baie mense Afrikaans, maar Suid-Afrika is die enige land waar Afrikaans ’n amptelike taal is.
Dis moeilik om saam te leef met jou ou vyande, wat jou vroeër onderdruk het of wat jou nou dreig te vermoord op jou plaas (omtrent vierduisend plaasmoorde sedert 1991), maar dis nodig. In Suid-Afrika is genoeg plek vir donker en blanke mense om saam te bly, en God en die Afrikaanse taal kan almal saambind.

Geen opmerkingen:

Een reactie posten