maandag 4 mei 2015

Ons vir jou, Suid-Afrika (inlei)

Hoe die suide van Afrika een reënboognasie gevorm het

Allereers excuus vir my sleg Afrikaans. Ek is Nederlands en ek het net ’n bietjie Afrikaans geleer. Maar vir hierdie stukkie oor Suid-Afrika en die Afrikaanse taal ek dink dis ’n bietjie misplaas dit in ‘n andere taal te skryf.
Buitendien moet jy besef dat in ’n kort teks oor Suid-Afrika en Afrikaans ek die dinge net kan noem, baie moet bly lê, dus vir die regte beeld moet jy goeie boeke lees. Maar daar is ’n belangryke rede waarom ek dit nou skryf. Lees en oortuig jouself.

Die eerste bewoners van Suid-Afrika het die Bosjesmans en Hottentotte gewees. Hulle is op baie plekke verdryf deur bantoestamme soos die Xhosa en die Zulu. In die sewentiende eeu het Jan van Riebeeck op die Kaap een kolonie gevestig vir die Vereenigde Oost-Indische Compagnie. In 1795 het die Britte die kolonie verower en nie lank daarna nie het baie Boere weggetrek uit die Britse kolonie en twee nuwe republieke gestig: Oranje-Vrijstaat en Transvaal. Hierdie Voortrekkers, afkomstig van veural Nederlandse, Duitse en Franse setlaars, het een soort Nederlands gepraat wat vermeng geword het met woorde en grammatika uit 'n klompie ander tale, soos Maleis (van Portugese seelui, maar moontlik ook van baie Indiese werklui wat later na Suid-Afrika gekom het); die amptelike Nederlands het net die skryftaal gewees.
Teen die einde van die negentiende eeu is in die Boererepublieke goud en diamant ontdek en het die Britte die Boere, die hul soewereiniteit die opgee wou nie, in 1899 die oorlog verklaar. Meer as twee jaar het die oorlog geduur; toe moes die laaste bittereinders dit opgee teen die oormag.
Tog het die vrede gunstige voorwaardes saamgebring vir die Afrikaners en in 1910 en heeltemal in 1931 het hulle selfs selfbestuur gekry. In 1925 het Afrikaans – naas Engels – die plaas van Nederlands ingeneem as amptelike taal. In die loop van die jare het egter duidelik geword dat die Afrikanerbewind hulself het beskou as meer as die swartmense. Hier sien ek ‘n belangrike oorsaak dat die Boere die oorlog verloor het. Engeland het destijds die grootste mag van die wêreld gewees, maar moontlik had die Boere die oorlog kan wen as hulle die Bantoes vir hul ingeneem het. Die ‘Rooineks’ het baie stamme as bondgenote vir hulle laat veg, maar die Boere het baie van die inheemse bevolking teen hulle gekry, en het na die oorlog met die oorwinnaar saamgespan.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die Afrikanerbewind herhaaldelik nuwe wette aangeneem waardeur die regte van die niet-blankes steeds verder ingeperk geword het. Reeds in 1912 is die ANC (South African Native National Congress) gestig, die in die beloop van die tyd steeds meer geprotesteer het teen die agterstelling van mense met ‘n donkere vel. Eers geweldloos, maar as die vergeldingsaksies van die regering harder geword het, het leier Nelson Mandela besluit dat dit tyd was vir harde aksies en het hulle die Umkhonto we Sizwe (Die spies van die nasie) opgerig. Na verskeie aanslage is Mandela gearresteer en opgesluit op Robbeneiland. In die sewe-en-twintig jare wat hy in die tronk deurgebring het, het hy geleer, deur sy christelike geloof en die Afrikaanse konsep Ubuntu, na versoening te soek. En dat het hy ook gedoen nadat hy vrygekom het en president van Suid-Afrika geword het.

Nou dis ‘n taamlike lank inleiding en ons het mos nog nie aangekom by wat ek eintlik wou sê nie. Ons bewaar dit darem vir volgende week.

Geen opmerkingen:

Een reactie posten